Swaeltjies vergeet immers nooit waar Somer is

Drypoint engraving with water colour

Swaeltjies vergeet immers nooit waar Somer is

Gedagtes tol en rol en maak my moeg,
emosies veg vir staanplek in my gemoed.
Dwing my oë en lyf en hart,
na daardie donker plek…
Smart.

En as die nag ruk pluk, vat vat,
hoor ek Sy sagte Stem,
‘n mishoring in die swart.
“Dogter van die wind, My kind…”
en ek vind, nou en versteek,
‘n oerou antieke pad
na daardie tuin in die middel van my hart.

Tegelyk donderende vrede en stille gejuig…rus.
Daar onthou ek Wie s’n ek is.
Soos ‘n swaeltjie branderplank ek op die wind,
en vind die pad terug na die lig.

Swaeltjies vergeet immers nooit waar Somer is.